Welkom by Bloemport
Jag en Hengel

Ten volle toegeruste selfsorg verblyf vir 'n onvergeetlike wegbreek!
Ideaal vir groepe en gesinne.

Bloempoort Jag & Hengel is geleë net buite Groblersdal in Limpopo. Dit bestaan uit 1000 ha gemengde bosveld met 'n privaatdam.  Die plaas vertoon golwend met hoë koppies, rante, dreineringslote en oper boomveld gedeeltes.

Selfsorg Verblyf


Lapa

Bied akkommodasie vir 17 persone met 'n pragtige uitsig oor die dam Ten volle gemeubileerd, eetgery, potte, panne, yskas, vrieskas, stoof, binne en buite braai. Gaste moet eie handoekke en persoonlike toiletware bring.

Vind meer uit

Rooiboshuis

Bied akkommodasie vir 4 volwasse persone en 2 kinders met 'n pragtige uitsig oor die dam. Twee slaapkamer huis met badkamer, sitkamer en ten volle toegeruste kombuis. Ingeboude braaier op die stoep. Gaste moet eie handdoekke en persoonlike toiletware bring.

Vind meer uit

Houthutte

Bied akkommodasie vir 8 persone.  Dis primitief ingerig met 'n pragtige uitsig oor die dam. Geen beddegoed of breekgoed word voorsien nie. Daar is 'n elektriese yskas met 'n twee plaat gas stofie. Gaste moet eie beddegoed, handoekke, persoonlike toiletware, eetgerei, potte en panne bring.

Vind meer uit