Hengel

Die privaat dam is a hengelparadys (vang en vrylaat). Die dam beskik oor verskeie natuurlike strukture soos rotse en boomstompe, maar daar is ook oop water areas vir die Karp hengelaar.

Barber, Karp, Kurper en Swartbaars kan gevang word, die spesies is volop. Slegs vis vir eie gebruik kan gehou word.

Roeibootjies is beskikbaar, eie roeispane moet voorsien word of roeispane kan ook gehuur word. Eie roeibote is welkom, maar geen motoraangedrewe bote word toegelaat nie.

Swem in die dam is veilig.

GEEN DAGBESOEKERS!